Aten (stad)

Aten
Koördinate 25°43′21″N 32°36′06″O / 25.72250°N 32.60167°O / 25.72250; 32.60167
Land Vlag van Egipte Egipte
Soort Stad
Streek Luxor, Bo-Egipte
Geskiedenis
Gestig 1386-'53 v.C.
Tydperk Nuwe Ryk
Uitgrawings Van September 2020 af
Unesco-wêrelderfenisgebied
Tipe Kultureel
Kriteria i, iii, vi
Verwysing 87
Inskripsie 1979 (3de sitting)
Streek† Arabiese state
Beskrywing* Antieke Thebe met sy nekropolis
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
* Naam soos op die Wêrelderfenislys

Aten (volle naam: Die Glansende Aten[1], hoewel argeoloë dit aanvanklik "Die Horison van Aten" genoem het)[2] is die ruïnes van 'n antieke Egiptiese stad aan die westeroewer van die Nyl[3] in die Thebaanse Dodeakker naby Luxor. Dit is genoem na die Egiptiese songod Aten en het blykbaar langer as drie millenniums ongeskonde bewaar gebly.

Sedert uitgrawings in September 2020 begin het, blyk dit die grootste stad in sy soort in antieke Egipte te wees; die merkwaardige graad van sy bewaring het gelei tot vergelykings met Pompeji.[4][5]

  1. Magdy 2021.
  2. Alberti & Guy 2021.
  3. Virtuani 2021.
  4. AFP 2021.
  5. Blakemore 2021.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy